EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Travel & Outdoor
Weg!Weg!

Weg! August 2018

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read Morekeyboard_arrow_down
SUBSCRIBE
R540
12 Issues

IN THIS ISSUE

access_time2 min.
verryk jou lewe

Daar is een ding wat ’n fundamentele verskil maak aan my gemoed wanneer ek soggens by ons kantoor in die Kaapstadse middestad inloop: die koms van die potgooi, of podcasts soos die meeste mense daarna verwys.Ek het gekies om 40km buite die stad in ’n landelike rustigheid te woon. Salig. Maar die keersy is ’n pendeltog wat, as jy hom verkeerd time, jou bloeddruk en jou hartklop opjaag en jou lewe onnodig verkort. Ek hou nie van vloek nie, maar taxi is beslis ’n vierletterwoord! Om in die oggend na die kletsradiostasies te luister het nie juis gehelp nie. Politiek. Misdaad. Droogte. Resessie. Nuus van nog ’n verdomde minibus wat op die N2 ’n wiel verloor het en wat nou voor jou en duisende ander omgesukkelde mense dwars in…

access_time2 min.
agter die skerms

(ZIGI EKRON) Dis ’n lang pad van die Kaap af na KwaZulu-Natal se Suidkus (sowat 1 500 km!), maar wie hou nie van ’n lang road trip nie? Ek’t binneland langs deur die Karoo en Oos-Kaap gery. Dis ongelooflik om te sien hoe die landskap om jou stelselmatig verander. Die klipperige rantjies word mettertyd grasvelde en mielielande voordat die subtropiese heldergroen oorneem. Geen langpadreis is volmaak sonder ’n burger en ’n koffie by ’n Wimpy nie, en die een op Kokstad het nogal beïndruk. Ek is in die Kaap gebore en getoë. Seevakansies was dus nie juis ’n prioriteit nie. Ons het eerder na my oupa se plaas in die Oos-Kaapse Drakensberg toe gegaan. Wanneer ek dus nou na KwaZulu-Natal se Suidkus gaan,…

access_time8 min.
vooraf

Groot makietie op St. Helena Een van my skoonma, Smé van Zyl, en my oorlede skoonpa se wense was om St. Helena-eiland te besoek. Hulle het oor die jare bykans elke boek oor die Anglo-Boereoorlog verslind. Hulle kon ongelukkig nooit met die HMS St. Helena soontoe vaar nie. Maar die bou van die lughawe het dinge verander. So het dit gekom dat Ouma en 20 van haar kinders, kleinkinders en agter-kleinkinders van O.R. Tambointernasionale lughawe na die eiland vlieg vir haar 90ste verjaardag! Hier sit ons op Jacob’s Ladder in Jamestown. Die groep het ’n beroering op die eiland veroorsaak en oral waar ons gekom het, het die mense…

access_time3 min.
v&a

KARIEN LE ROUX van Struisbaai skryf: Hierdie blou skulpie het my aandag getrek. Ek sou graag wou weet wat die krap se naam is? Die seelewekenner GEORGINA JONES antwoord: Die borrelskulpslak, Janthina janthina , hang onderstebo op die seeoppervlak. Die slymerige borrels is ’n soort vlot wat die slak laat dryf. Die slak word net gesien as dit op die strand uitspoel. Dit vreet onder meer bloublasies. Die krap is ’n Columbus-krap en kom algemeen voor saam met die slakke. Ek vermoed die krap is nie ’n goeie swemmer nie en dit hang dalk aan die slak se “vlot”. Ek dink nie dit vreet die slak nie, maar aas dalk sy oorskiet of van die slak se eiers.…

access_time1 min.
blommeland roep!

(JAC KRITZINGER) Sentkannetjies, spinnekopblomme, kelkiewyne, tjienkerientjees, ridderspore, rooikatsterte... Dis blommetyd, en dié mooi blomname is amper genoeg rede om in jou kar te klim en in Augustus en September koers te kies na een van ons blomstreke! Ná ’n paar droë jare is daar goeie nuus: Van die Namakwa- nasionale park in die noorde, verby Vanrhynsdorp en Clanwilliam tot by Darling in die suide is die plaaslike mense optimisties dat vanjaar ’n goeie blommejaar gaan wees. “Dis seker die eerste keer in vier of vyf jaar wat ons sulke goeie reën kry,” sê Rika Potgieter, voorsitter van die Clanwilliam-toerismekantoor. “Ons is baie dankbaar en verwag ’n goeie blommejaar.” Sharon McClure van die Darling-veldblomvereniging stem saam: “Ons is vol hoop dat dit ’n besonderse jaar gaan wees…

access_time1 min.
hommeltuie help voëls

(KAAPSE NATUURBEWARING) ’n Hommeltuig ( drone ) is vir baie mense ’n steurnis, ’n irriterende speelding wat verbode is in nasionale parke. Maar Kaapse Natuurbewaring span dié tegnologie nou in om seevoëls te help bewaar. Die broeipare van bedreigde voëlspesies op die Dyereiland-natuurreservaat naby Pearly Beach in die Overberg moet elke maand getel word om te kyk hoe die bevolkings wissel. Voorheen moes personeel dit te voet doen met behulp van verkykers en notaboekies – sonder om die broeipare te versteur. Die Leiden-bewaringstigting het egter geld geskenk vir hommeltuie om dié takie oor te neem. Deon Geldenhuys, hoof van bewaring by die natuurreservaat, sê: “Dis ’n vinniger en minder steurende manier om voëls te tel – die battery-aangedrewe hommeltuig maak min geraas. Nou kan ons…

help