EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Travel & Outdoor
Weg!Weg!

Weg! September 2018

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read Morekeyboard_arrow_down
SPECIAL: Get 40% OFF with code: YES40
SUBSCRIBE
R468
12 Issues

IN THIS ISSUE

access_time2 min.
reisverhale

Ek sonder nie gewoonlik een Weg- storie bo ’n ander uit nie… Dis omdat ’n mens bak wanneer jy ’n goeie tydskrif skep – jy kook nie. Wanneer jy kook, kan jy ’n klomp bestanddele bymekaargooi sonder om noodwendig ’n resep te volg. ’n Bietjie hiervan, ’n tikkie daarvan. Jy proe, jy voeg by, jy laat prut dit ’n bietjie langer en jy meet nie juis iets af nie. As jou instinkte reg is, is wat jy ook al gekook het, hopelik lekker wanneer jy opskep. En as dit nie lekker smaak nie, gooi jy sout of tamatiesous of Mrs Balls by om die smaak te verdoesel as jy die kluts effe kwyt geraak het. Maar met bak kan jy nie sulke kanse vat nie. Jou resep moet beproef wees. Jou…

access_time2 min.
die mense langs die pad

Een van die beste dinge daarvan om ’n reisjoernalis te wees is die mense wat jy op jou pad ontmoet. Dis altyd lekker om nuwe mense te ontmoet, en party van hulle laat ’n blywende indruk. Jy’t begroot om net ’n kwartier te gesels, want jy moet tien ander dinge doen, maar as jy jou weer kom kry, is dit ure later en julle gesels steeds! Christo Knox was so ’n mens: vriendelik, geesdriftig oor die lewe en ’n mense-mens. Hy het opgewonde vertel oor sy grootwordjare in die wildtuin, die troues en gesellighede wat hulle in die bosveldkamp hou en die olifante, leeus en luiperds wat gaste sien. Terug op kantoor het ek per e-pos vir hom nog ’n paar vrae gestuur. Ek was seker hy sou dadelik antwoord en ek was…

access_time9 min.
vooraf

Baklei tot die einde! Ons het by die Tierkop-watergat langs die laer duinepad in die Kgalagadi-oorgrenspark gesit. Twee sekretarisvoëls het ’n entjie weg in die gras middagete gesoek. Skielik spring die een met ’n boog deur die lug, sy pote kap en hy pik vir ’n vale – dis net ’n gefladder van vlerke waar jy kyk! Met die gespook vang die sekretarisvoël ’n slang van 1,5 m, wat lyk soos ‘n Kaapse kobra... naderhand word die slang kop eerste ingesluk. Die slang het nog lewe in hom, en die stert wriemel aanhoudend asof hy aan iets wil anker. Met nog so halwe meter oor, kry die slang sy stert om die sekretarisvoël se nek gedraai. Toe begin die geveg weer met mening. Met die tweede draai van die slang se stert om sy…

access_time3 min.
v&a

TONY JAMES van Johannesburg vra: Ons het dié reuse-insek gewaar by die Mabula Game Lodge naby Bela-Bela. Ek het nog nooit so ’n groot stokinsek gesien nie – is dit normaal? Die insekkenner DUNCAN MACFADYEN antwoord: Dis die reusestokinsek ( Bactrododema tiaratum ). Die wyfies kan byna so lank soos ’n liniaal word! Die mannetjies is in die algemeen net die helfte so lank. Hulle is van die meer oortuigende stok- en taknabootsers – die lyf is donkerbruin en -grys met ’n growwe basagtige tekstuur en hulle het twee spitse bo-op die kop. Die spesie swaai ritmies vorentoe en agtertoe as hulle gesteur word. Hulle kom eintlik wyd voor in die warmer dele van Suid-Afrika, maar word natuurlik dikwels misgekyk. CAREL KIRSTEIN van Pretoria vra: Ek het foto’s geneem van ’n gemsbok en…

access_time1 min.
kyk hier!

Die Sehlabathebe- nasionale park in Lesotho is waarskynlik een van die nasionale parke in Suider-Afrika wat die minste besoekers kry. Dis nie juis ’n verrassing as ’n mens die ligging in ag neem nie – dis naby Qachasnek en dis moeilik om daar uit te kom. Dit beteken egter ook dié wat wel die moeite doen om hier uit te kom, sal waarskynlik die grootse landskappe kan indrink sonder veel ander mense rondom hulle. Die vryskutjoernalis Evan Naudé het dit besef toe hy laaswinter hier was vir ’n storie vir Weg, en het daarom ’n driepoot ingepak sodat hy fotograaf én model kon wees. Hy het selfs ’n helderrooi baadjie ingepak sodat hy duidelik teen die winterlandskap kan uitstaan. Sehlabathebe is die oudste natuurreservaat in Lesotho en deel van die Maloti-Drakensberg-oorgrensbewaringsgebied.…

access_time2 min.
parkeweek

Trek jou dagboek nader en sit sommer nou ’n dag verlof in vir iewers tussen 10 en 14 September. Dis Erfenismaand en jy kan vir een week ’n gratis draai in al ons nasionale parke (behalwe die Namakwanasionale park) maak! Sit eerder by ’n watergat in die wildtuin of kyk uit oor die Vallei van Verlatenheid in die Kamdeboo- nasionale park as om na jou rekenaarskerm te staar. As jy in dié week na Kaappunt in die Tafelberg- nasionale park gaan, bespaar jy R147 per volwassene en R76 per kind – dis wat ’n dagbesoeker sonder ’n Wild Card gewoonlik betaal! Of laai die kinders in die motor en gaan kyk na die veldblomme in die Weskus- nasionale park se Postbergdeel. Dié deel is elke jaar net in Augustus en…

help