EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Travel & Outdoor
Weg!Weg!

Weg! October 2018

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read Morekeyboard_arrow_down
SUBSCRIBE
R468
12 Issues

IN THIS ISSUE

access_time2 min.
voëlvry

PSteyn@media24.com Onlangs stap ek en my vriend Anthonie deur die veld; halfpad tussen Piketberg en Elandsbaai op die rand van die Verlorenvlei. Ons groep vriende het die naweek weggebreek na die soort plek waaroor Weg skryf. Hier is ’n paar losstaande selfsorghuisies in die middel van nêrens met geen kind of kraai om ons te pla nie. Wel, hier ís kraaie... Vanoggend is ons twee op ’n sending, en gestewel in stapskoene en bewapen met ’n verkyker elk. Ons soek ’n voëltjie wat ons tot dusver nog net gehoor het. Toe ons vroeër met ’n beker koffie en beskuit vir die eerste sonstrale dag gesê het, het ’n vinnige klak-klakklakgeluid, gevolg deur ’n lang fluit (“poeeeieeee”) ons aandag getrek. Later stap ons deur plate Namakwalandse daisies vol in blom en ons oë stip…

access_time2 min.
wat braai ons vanaand?

Hoekom ’n resepteboek? Weg se eerste resepteboek, Naweekkos , het in 2012 verskyn. Ons het gedink dis hoog tyd vir ’n tweede een, wat al Weg se lekkerste en gewildste braai- en potjiekosresepte van die afgelope sewe jaar insluit. Die grootste uitdaging? Om net 120 uit 800 resepte te kies! Hoe verskil dié resepteboek van ander in die mark? In die Weg- kombuis probeer ons kosmaak sonder te veel moeite en fieterjasies. Oor die afgelope sewe jaar het daar beslis ’n verskuiwing plaasgevind in hoe ons lesers kosmaak. Winkels het allerhande nuwe bestanddele: Mexikaanse en Oosterse geure is groot nuus en speserye soos gerookte paprika en chipotle-rissies en sriracha-sous maak mense lus om te eksperimenteer. Braaivleis is nog net so gewild soos altyd, maar lesers is op soek na gesonder bykosse. Weg se resepteboek…

access_time5 min.
vooraf

Twéé grotes tesame Daar is net een volwasse jagluiperdwyfie in die Pilanesberg- nasionale park. Haar naam is Rain. In 2016 het sy ’n werpsel van vier gehad waarvan drie mannetjies oorleef het. Hulle is maar skugter en dus sien ’n mens hulle nie gereeld nie. Ek was gelukkig om dié drie broers by die Mankwedam te gewaar. Een van hulle wou kennis maak met dié renoster. Die jagluiperd het besef hy staan nie ’n kans teen die renoster nie. Nadat die twee mekaar ’n rukkie uitgekyk het, het die jagluiperd omgedraai en weer by sy broers aangesluit. Dit was nietemin ’n spesiale oomblik om die interaksie tussen twee bedreigde spesies te sien. CHRISTA KOEKEMOER, Hartbeespoort Renostertjie word gered! In Junie 2016 het ons in die Kruger gekuier. Een oggend het ons van die Nwanetsi- na die…

access_time4 min.
v&a

SHANÉ VAN DYK van Botrivier vra: Ons het op dié toneel afgekom net voor die Kij Gamies-watergat op die Laer-Duinepad in die Kgalagadi-oorgrenspark. Die slang het vrek gelyk, maar die jakkals het hom aanhou optel en skud. Hy is ná ’n paar minute veld-in met die slang. Is dit normale gedrag? SHANÉ VAN DYK, Botrivier Die slangkenner JOHAN MARAIS antwoord: Dis ’n molslang wat heel moontlik doodgery is. Dis algemeen vir jakkalse om slange dood te maak en te vreet, selfs giftige slange. SONJA PIENAAR van Heilbron skryf: Ek het dié roofvoël op ons plaas gekry. Hy het op die grond gesit en ek kon hom maklik optel. Die plaaslike veearts kon geen beenbreuke kry nie. Ná ’n antibiotika-inspuiting het ek hom huis toe gevat om aan te sterk. Sy vere was in ’n…

access_time1 min.
stap die doringnekstaproete naby addo

As die olifante wegkruipertjie speel wanneer julle volgende keer in die Addo-olifant- nasionale park kuier, gaan rek bene in die park se Zuurbergdeel. Die Doringnekstaproete in dié parkdeel is nou 12 km lank – 4 km langer as voorheen – en sal jou nagenoeg vyf uur lank besig hou. Dit gee stappers die kans om nóg dele van die tamaaie Zuurbergreeks te sien. Vat halfpad langs die roete ’n blaaskans by die piekniekkol en Otto se swempoel. Pak genoeg water, ’n sonhoed en sonbrandroom in – veral wanneer dit warm is. Wat kan ek langs die roete sien? Die Zuurberggebied sluit vier van die Addo se vyf biome in: fynbos, grasland, woude en subtropiese ruigte (ook bekend as vallei-bosveld). Jy kan ook drie bedreigde broodboomspesies en twee geelhoutspesies sien. Hier is altesame sowat…

access_time1 min.
trap tussen big bay en melkbos

Bring jou fiets saam vir ’n aktiewe gesinsuitstappie in die Kaap. Die Kaapstadse munisipaliteit wil van die stad ’n voorste fietsrybestemming maak en een van die inisiatiewe is ’n fietsryroete van byna 6 km tussen Big Bay naby Bloubergstrand en Melkbosstrand. Dié roete volg ’n fietsbaan langs die M14-kuspad wat met ’n randsteen van die padverkeer geskei word. Die baan is 3 m breed sodat fietse in albei rigtings kan ry. Die baan is ’n verlenging van die bestaande fietsroete – dié met langer asems kan die hele 40 km-roete ry. Hou by Big Bay stil en ry tot in Melkbosstrand (dis 5,85 km tot daar) vir ’n laatontbyt of koffie voordat julle weer terugry. Of pak eetgoed in ’n rugsak en hou by die Blaauwberg-natuurreservaat stil vir ’n piekniek (toegangstarief: R16…

help