EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Travel & Outdoor
Weg!Weg!

Weg! November 2018

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read Morekeyboard_arrow_down
SUBSCRIBE
R540
12 Issues

IN THIS ISSUE

access_time2 min.
immer swerwers

Dis enkele dae voordat ons dié maand se tydskrif drukker toe stuur, en my redakteursbrief moet klaar. Die plan was om dit op my skootrekenaar op die vlug van Johannesburg af na Kaapstad te skryf, maar die vlug is vol en ons is soos oorryp vrugte in die betrokke mango-krat geprop. My rugsak moet onder by my voete en die reus in die middelste sitplek langs my lyk soos ’n skopbokser uit Oekraïne wat die vorige aand te hard gekuier het.Ons is sewende in die ry om op te styg by O.R. Tambo, dan sesde. Nog vyf minute gaan verby, en ons is vierde in die ry. Die bedompigheid wat deur die mensemassa uitgestoom word en die gebrek aan beweging is vir Sergei, die skopbokser, net te veel. In…

access_time1 min.
gesels met ons

Skryf aan redakteur@weg.co.za  of Weg, Posbus 740, Kaapstad 8000. Jy ken al die storie... verkieslik minder as 300 woorde, en gee asseblief jou voornaam, van én tuisdorp. Weg behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort. ■…

access_time1 min.
skryf aan ons en wen!

Koos wen ’n stel Zartek TX-8-tweerigtingradio’s ter waarde van R1 000. Die TX-8, Zartek se nuutse model, is liggewig met ’n slim ontwerp. Die klank is hard en duidelik en die reikwydte ’n hele paar kilometer. Die stel het ’n wieglaaier, ’n USB-laaikabel en ’n netjiese huls wat aan jou gordel pas. zartek.co.za ■…

access_time4 min.
vooraf

Van nou af reis ons lig Ek is bevoorreg om 38 jaar lank getroud te wees met my vrou, Kitty, wat ook baie lief is vir avontuur. Ons het mekaar op die dorp Oshakati in Namibië ontmoet. Ons eerste groot avontuur was ons wittebroodsreis op ’n Yamaha XT500 deur die Khomas Hochland en die Namibwoestyn. Ons is nou in die sestig en het deur die jare verskeie kere deur Afrika gereis: eers met ’n Kombi, toe ’n 4x4-dubbelkajuit, ’n daktent, ’n woonwa, ’n boswa... Ons het onlangs ons uitdagendste en ook bevredigendste toer onderneem: ’n bergfiets-ekspedisie om die Richtersveld: van Vioolsdrif deur die berge en verby Eksteenfontein, Kuboes, Sendelingsdrift en Aussenkehr, altesame sowat 380 km. Ons het in rivierlope geslaap, tot daar waar ons…

access_time5 min.
v&a

EBEN GELDENHUYS van Brackenfell, Kaapstad, vra: Ons het dié sebra in die Krugerwildtuin teëgekom. Aanvanklik het ons gedink dit is dalk speeksel, want hy was besig om te vreet, maar die oorsprong van die vloeistof was te hoog op teen die gesig, tussen die 6de en 7de swart streep (getel van die mond af ). Het L.D. dalk ’n verduideliking? Die natuurlewekenner L.D. VAN ESSEN antwoord: Dis moeilik om ’n besliste antwoord te gee sonder om die ander kant van die sebra te sien. Ek kon met die hulp van veeartsvriende sekere moontlikhede uitskakel. Dit is nie serum wat uit ’n ou wond dreineer nie; sebras se serum is baie geel. Dis ook nie vloeistof wat uit die oog dreineer nie, want die volume is…

access_time2 min.
conqueror-boswaens is met rede nr. 1 in suid-afrika!

Met 25 jaar se boswa-ervaring is Conqueror Suid-Afrika se markleier wat betref die vervaardiging en uitvoer van boswaens. Én vir naverkoopdiens. Conqueror is bekend vir sy innoverende ontwerpe, genadelose veldtoetse en unieke vervaardigingsprosesse. Afrika is beslis nie vir sissies nie, en Conqueror-waens word nie net sterk genoeg vir die Afrika-boendoes gebou nie, maar is ewe tuis op die moeilike paaie in die res van die wêreld. ’n Mens sleep ’n Conqueror met absolute gemoedsrus, en danksy die luukses in die wa kamp jy ook soos ’n koning. Conqueror het hom aanvanklik toegespits op die bou van militêre produkte en in die vroeë 1990’s besef hierdie kundigheid is ook waardevol as jy ’n taai boswa wil bou. Die eerste Conqueror-waens is by die Nampo-oesfees bekend gestel... en…

help