EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Travel & Outdoor
Weg!Weg!

Weg! December 2018

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read Morekeyboard_arrow_down
SPECIAL: Get 40% OFF with code: YES40
SUBSCRIBE
R468
12 Issues

IN THIS ISSUE

access_time2 min.
kuier in jou agterplaas

Mense hou van reis, al is die bestemming ver en al skud dit jou beursie. Na raming is die wêreld se toerismebedryf meer as 7 triljoen Amerikaanse dollar werd. Dis ’n 7 met 18 nulle agterna. As ek dit in rand moes skryf, was die blad vol. Frankryk, die wêreld se gewildste toeristebestemming, kry jaarliks meer besoekers (82 miljoen) as wat daar inwoners in die land is (67 miljoen). Selfs in Suid-Afrika is dit een van die grootste bydraers tot ons ekonomie; 1 uit elke 23 mense werksaam in die formele sektor werk in die toerismebedryf. Daar’s niks fout daarmee om lank te spaar en na ’n eksotiese bestemming te reis nie. Dis die sout en die suiker wat ons by die lewe voeg om dit nog lekkerder te maak. Maar…

access_time2 min.
op ’n drafstap...

Wat was die grootste uitdaging van die storie? Ek en die joernalis Annemarie van der Walt het die N3 stuk-stuk gery. Ons het dit tussendeur ’n storie oor blyplekke in die Drakensberg gedoen. Dit het fyn beplanning geverg om alles in te pas. Dit het ook beteken ’n mens het nie beheer oor die tyd van die dag wat jy by ’n padstal of ’n restaurant opdaag nie. Jy moet maar die beste maak van die situasie. Ek moes dikwels soek vir ’n ongewone hoek of interessante detail. Die foto uit Blueberry Hill se badkamer is ’n goeie voorbeeld... Jou gunstelingplek langs die N3-roete? Peel’s Honey, en nie oor die heuning nie, maar die lekker plaaslike grondboontjiebotter (R75) wat hulle verkoop. Ek eet met gemak ’n 830 g-bottel binne ’n…

access_time7 min.
vooraf

Ag nee, dis nie ’n prinses nie! Ek het by die Umfula-landgoed naby Hoedspruit gekyk hoe ’n gespikkelde bosslang ’n grootgrysskuimnespadda verorber – dit was ’n twee uur lange vertoning! Hier is ’n dek op die landgoed van waar jy ’n uitsig het oor die Olifantsrivier, waar ’n klomp paddas skuil. Ek het op my maag gelê en met ’n 500 mm-lens gewag vir die regte skoot terwyl die son sak. Dit was verreweg die hoogtepunt van ons toer van Kaapstad tot by die Krugerwildtuin. HOWARD LANGLEY, Clovelly As die son roep Die artikel “Dis tyd vir Afrika” in Weg se Augustus 2018-uitgawe oor die paartjie wat agt maande lank deur Afrika getoer het, het my geïnspireer om weer deur my foto’s te kyk. Ek is ’n kranige videograaf wat probeer om al my avonture vas te…

access_time3 min.
v&a

ROELENE MARX van Pretoria skryf: Ons het op hierdie arme rooibokram afgekom naby die Longwe-uitkykpunt by die Engelharddam in die Kruger. Het hy seergekry, of het hy kanker? Dit lyk ongemaklik – sal hy weer regkom of is hy leeukos? Die natuurlewekenner L.D. VAN ESSEN antwoord: Ek het by twee veeartsvriende aangeklop: Dit kan wees dat die draaiing van die testes die bloedvate afgesnoer het. Die foto is te ver om met sekerheid te kan sê of die skrotum pers lyk weens die afsnoering en of dit bloot die normale swart vel is wat sigbaar is weens die verlies van hare. Dit kan ook ’n testikulêre gewas wees, maar dis baie seldsaam. Dis geweldig pynlik en jy sou dit aan die dier se kondisie en liggaamshouding kon sien. Die rooibokram lyk eintlik heel gesond,…

access_time1 min.
kyk hier!

Evan Naudé, een van Weg se gereelde medewerkers, was onlangs op vakansie in Switserland. Op die foto is Matterhorn, waarskynlik een van die mees ikoniese pieke in die Alpe. Die spits – 4 478 m bo seevlak – het bergklimmers sedert die vroegste tye geïntimideer en was die laaste groot Alpynse piek wat die Engelsman Edward Whymper en sy geselskap in 1865 aangepak het. (Met die afkom het vier van die groeplede omgekom.) Op die foto raak die daglig net-net aan die spits, waar ’n rotsagtige kruin die grens vorm tussen Switserland en Italië.…

access_time1 min.
goed om te weet

Ken jy die Tankwa? Met sy kaart van die Tankwa-Karoo en Roggeveld-platorand het die meesterkaartmaker Peter Slingsby ’n gebied gekarteer wat al jare lank smeek vir ’n propperse kaart. Die kaart dek rofweg die gebied van die westelike Sederberg tot by Sutherland en tussen Touwsrivier en Calvinia in die noorde. Ons het al verskeie stories oor die Tankwa-Karoo-omgewing in Weg geplaas en elke keer is dit ’n gesukkel om ’n kaart te teken, want baie van die paaie in die omgewing het nie eens name op die regering se 1:50 000- topografiese kaarte nie! Dit het gemaak dat die Tankwa die soort plek was waar ’n mens nog regtig kon verdwaal. Selfoonontvangs is ook skraps... Daar was ’n soort romantiek aan reis in dié verlate deel van die land. Met Slingsby se kaart is…

help