EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Travel & Outdoor
Weg!Weg!

Weg! January 2019

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read Morekeyboard_arrow_down
SUBSCRIBE
R540
12 Issues

IN THIS ISSUE

access_time3 min.
altyd op vakansie

Mense vra gewoonlik twee vrae wannneer hulle hoor jy werk by Weg. “Sjoe, dis seker lekker om heeltyd op vakansie te wees?” is die eerste. Jy probeer aanvanklik die vraag feitelik beantwoord: Dis harde werk en lang ure – nie net vir die skrywers en fotograwe wat partykeer weke lank weg van die huis is nie, maar ook agter die skerms waar teksredakteurs en uitlegkunstenaars onvermurfbare spertye moet nakom.In die laaste kwartaal van 2018 het ons nie net die maandelikse tydskrifte drukker toe gestuur nie; ons spannetjie het Weg Agterpaaie 4 (Vrystaat) klaar geskiet, ’n Botswana-gids op die rak gesit, WegRaai 5 voltooi, die tweede uitgawe van ons rubriekbundel Stories (met ’n CD waarop skrywers hulle rubrieke voorlees) klaargemaak, asook ’n nuwe kaart van die Krugerwildtuin opgestel.*Maar jy kan…

access_time2 min.
agter die skerms

(CHRIS KRITZINGER) Dis byna weer tyd om saam met die Weg-joernaliste Toast Coetzer en Sophia van Taak op reis te gaan. Die vierde reeks van Weg! Agterpaaie word van Januarie 2019 af uitgesaai en dié keer besoek die span die Vrystaat. Waarom die Vrystaat? Wel, die meeste van ons laat wiel net al met die N1 langs deur dié provinsie – óf op pad see toe, óf op pad wildtuin toe. Maar wat gebeur langs die agterpaaie, op plekke soos Bethulie, Lindley, Jacobsdal en Soutpan? Dít is waaroor hierdie reeks gaan: die mooi distrikte in die Vrystaat se agterplaas, die ontsaglike landskappe en vriendelike mense wat jy nie langs die snelweg teëkom nie. Kykers kan uitsien na die grootste graansilokompleks in die Suidelike…

access_time7 min.
sê jou sê

Dierepret in Madagaskar ’n Besoek aan Madagaskar was nog altyd op my wenslysie en ná die artikel “Na die paradys...” in Weg #149 was die koeël deur die kerk! Ons was op ’n week lange roei-uitstappie saam met Madagascar Island Safaris. Ons het elke aand op ’n ander strand geslaap, saam met seeskilpaaie gesnorkelduik en uit die see geëet. Daarna het ons nog tien dae saam met Malagasy Tours na die noorde van die eiland getoer. Die een dag het dit gevoel asof ons in ’n National Geographic-fliek speel. Op pad na die Amberberg- nasionale park stap ’n heldergroen panterverkleurmannetjie (inlas) oor die pad. Ons gids hou stil en begin rondkyk. Ons kom toe af op…

access_time2 min.
v&a

TINA VISSER skryf: Ek het dié besonderse oomblik afgeneem in die Stanger-omgewing. Is dit algemeen vir ’n hoephoep om ’n grootheuningwyser te voer? Die voëlkenner JOHAN VAN ROOYEN antwoord: Heuningwysers is broeiparasiete en lê hulle eiers in ’n verskeidenheid gashere se neste. Volgens die Roberts VII speel voëls wat in gate in die grond of bome nesmaak, gereeld gasheer vir grootheuningwysers. Dit sluit in hoephoepe, kakelaars, visvangers, spegte en byvreters. As die hoephoep die eier uitgebroei het, beskou sy die kleintjie as haar eie en maak dit dan nog groot ook. HANS LINDE van Durbanville vra: Daar is ’n vink wat elke jaar in ons agterplaas nesmaak. Hierdie jaar het hy onder meer ’n dubbelverdiepingnes gebou – is dit…

access_time1 min.
kyk hier!

Op die vierde dag van die Visriviercanyonstaproete in Namibië kan jy met ’n paar kortpaaie van die rivier se wye kronkels uitsny. Op dié kortpaaie – weg van die rivier af – lyk (en voel!) die landskap baie meer soos ’n woestyn, met die son wat ekstra fel op jou neerbrand. Jy en jou medestappers voel klein met die berge en vlaktes wat soos ’n maanlandskap rondom julle uitstrek. Maar dís juis hoekom ’n mens stap, om weer in verwondering van die natuur te staan. Die Salt Rock-getypoel is reg voor die Salt Rockwoonwapark, net ’n paar honderd meter van die dorp se hoofstrand af. Dis een van die beste getypoele langs die KwaZulu-Natalse kus en ’n lekker plek om te snorkelduik en swem. Slaan jou…

access_time1 min.
o, die blyde-tyding: kom stap in die canyon

(MIA LOUW) Raait, jy het nou al ’n foto van die Bourke’s Luck-maalgate, maar het jy al hier gestáp? Op die nuwe Blyderivierpoort-staproete kan jy dié mooi hoekie van Mpumalanga te voet verken. Die roete is einde verlede jaar opgeknap nadat dit in 2015 gesluit het. Die drie dae lange roete loop van Paradise Camp op die God’s Window-sirkelpad (die R534) buite Graskop tot by die Bourke’s Luck-maalgate, waar julle op dag drie oornag. Julle stap altesame sowat 30 km (3 km op dag 1, 13,5 km op dag 2 en 13,6 km op dag 3) in die Blyderiviercanyon-natuurreservaat en oor private grond. Hou jou kamera reg om onder meer berggrasland, kwartsietrotse, die Treurriviervallei, inheemse woud en die samevloeiing van die Treur- en Blyderivier vas te vang…

help