EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Travel & Outdoor
Weg!Weg!

Weg! February 2019

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read Morekeyboard_arrow_down
SUBSCRIBE
R540
12 Issues

IN THIS ISSUE

access_time2 min.
’n nasionale skat

Kapenaars sê hulle ken van hárde reën. Ek’s egter nie so seker nie. In die suidweste van die land is dit óf ’n motreëntjie wat dae aaneen op almal se senuwees werk óf die nat word deur ’n omgesukkelde noordwestewind in horisontale vlae aangejaag – onder sambrele en dakkappe in om moles te maak.Jy moet noorde toe as jy ordentlike reën wil sien. Veral ’n donderstorm, en verkieslik een in die Krugerwildtuin. ’n Jaar gelede ry ek vroegoggend uit Mosambiek deur die Giriyondo-grenspos in die noordooste van die Kruger, op pad Letaba toe waar ek die aand gaan oorslaap.Die veld is dor en droog, en ’n paar olifante karnuffel mekaar by ’n sementdammetjie wat deur ’n boorgat gevoed word. Maar op die horison begin groot wit wolke watte opstapel.Teen…

access_time2 min.
agter die skerms

(SAM REINDERS) Wat was die grootste uitdaging van die storie? Ek het nie in die reservaat gebly nie – die selfsorgblyplek is aan die duur kant. Ek het op ’n plaas sowat 15 km van die hoofhek af gebly. De Hoop se hek maak eers 7 vm. oop, maar die parkmense was gaaf genoeg om my ’n halfuur vroeër in te laat sodat ek foto’s kon neem in die goue uur. Ek moes dus elke oggend skuins voor 6 vm. die stikdonker grondpad (en sy slaggate) aanpak. Wat van De Hoop het jou verras? Hier is soveel uiteenlopende ekostelsels in ’n relatiewe klein gebied. Die uitsigte oor die water en die koel, klam stilte (nog voor die swetterjoel voëls begin roep) was besonders. Het enigiets interessants…

access_time1 min.
wenbrief

Paselladae op St. Helena Ons droom al jare lank om St. Helena-eiland te besoek. My oupa G.D.J. Scholtz is in die Anglo-Boereoorlog gevange geneem en het twee jaar in die Deadwood-kamp op die eiland deurgebring. Nadat ek Sophia van Taak se artikels in Weg #165 en #166 gelees het, het ons geweet dis nou die regte tyd! Ons sou ook my vrou, Louiza, se 70ste verjaardag op die eiland vier. Ons sou net ’n week bly. Nadat ons bykans alles gedoen het soos Sophia aanbeveel het, het die tyd aangebreek dat ons op Saterdag 17 November 2018 terugvlieg Suid-Afrika toe. Groot was ons verbasing toe die vlug gekanselleer is weens gure weer. Ons kon dus tot die Dinsdag bly. Alles…

access_time6 min.
sê jou sê

Swaardra al aan die een kant... Ek was mal oor die leser Liza Walls se storie oor Lesotho in Weg se September-uitgawe. Ons het in 2000 presies dieselfde roete gery. Ons het op Semonkong twee perde en ’n gids gehuur om na die Maletsunyanewaterval te gaan kyk. Liza skryf dat hulle Basotho’s op perde teëgekom het, en donkies wat gasbottels vervoer. Ons het op pad terug van die waterval af iemand teëgekom wat ’n lykskis op ’n perd vervoer! MARTIN BRIGGS, Onrusrivier Die groot water kom by Dwesa Ek verwys na die artikel oor die Dwesa-natuurreservaat in Weg #168. In 1978 het my man, Bert, ’n navorsingsprojek in die omgewing gedoen. Ons…

access_time3 min.
v&a

CEEJEE PRETORIUS van Groblersdal skryf: Ons het ’n troupant met ’n bosluis onder sy oog in die Krugerwildtuin gewaar. Is bosluise op voëls algemeen? Die voëlkenner LUKAS NIEMAND antwoord: Dit is heel moontlik ’n bosluis, maar dit kan ook littekenweefsel wees (dit is nie heeltemal duidelik op die foto nie). Bosluise kom algemeen voor op voëls, maar dis gewoonlik net larwes of nimfe. Hulle kom veral voor op die ooglede, rondom die snawelbasis en in die oorkanale; dus is hulle klein en onopvallend. Voëls is baie doeltreffend in die verspreiding van bosluise. ’n Studie deur lede van Onderstepoort het byvoorbeeld 14 bosluisspesies op meer as 40 voëlspesies aangeteken. Die studie het ook gevind dat tuinvoëls soos geelbeklysters en…

access_time1 min.
stap die wildtuin van bo tot onder

(ESMA MARNEWICK) Die Krugerwildtuin se ereveldwagters het verskeie geldinsamelingsprojekte, maar The Kruger Trail, ’n staproete oor die ganse lengte van die wildtuin, is die grootste onderneming nóg. “Dis ’n unieke ervaring vir mense wat gaande is oor die Kruger en ’n besonderse wildernis-ervaring wil beleef, dis beslis ’n bucket list-ding,” sê Louis Lemmer, die projekkoördineerder. “Dis ’n groot commitment , maar iets waaroor jy die res van jou lewe sal praat.” Inderdaad, The Kruger Trail strek oor 600 km en word oor drie jaar in ses skofte van sowat 100 km elk gestap. “Die roete gaan oor veel meer as net stap. Stappers gaan die ryk ekologiese en kulturele erfenis van die wildtuin ervaar. Dis ook ’n persoonlike reis saam…

help