EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Travel & Outdoor
Weg!Weg!

Weg! March 2019

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read Morekeyboard_arrow_down
SUBSCRIBE
R540
12 Issues

IN THIS ISSUE

access_time2 min.
haak, vrystaat!

De Wet Ras se fris bene het op 25 September 1976 in Bloemfontein my verhouding met die Vrystaat begin deur dit in sy kanon te skop. Dit was ’n hartseer dag. Vroeër die middag het die Steyns voor ’n blinknuwe Telefunken sit gekry. Voor 1976 moes ons rugby op die radio luister. Jy kon darem die glorie van jou span se oorwinning herleef deur ná die tyd ’n langspeelplaat met Gerhard Viviers se wedstrydkommentaar te koop.Ek het reeds begin spaar vir so ’n plaat van die 1976-Curriebekereindstryd, want Morné, Divan, Dawie en Jan-Boland sou vir seker die beker terugbring na waar hy hoort – Kaap toe.Maar daardie Vrystaatse span het die verbleikte veld met my helde gevee. Hulle het soos ’n trop jagluiperds saam bal gejag en Ras se…

access_time2 min.
agter die skerms

(LUCY DELL) Wat was die grootste uitdaging van dié storie? Die moeilikste ding van die Bosveld is die oorweldigende aantal blyplekke. En nadat ek uiteindelik op vyf plekke besluit en hulle besoek het, steel ’n boef my skootrekenaar uit ons woonstel in Kaapstad! Met ál my foto’s en werk. Sjoe, dit was ’n gatslag, want ek gebruik ook my foto’s as visuele notas saam met die geskribbel in my notaboek. ( Dankie aan Lawrette McFarlane wat op kort kennisgewing weer foto’s van die blyplekke gaan neem het. – Red. ). Deesdae bêre ek álles op Google Drive. Jou gunstelingplek in die Bosveld? Die Waterberg – dit voel asof hier meer diere as mense is. Ek en my gesin het by die Lindani Lodge in ’n huis…

access_time1 min.
skryf aan ons en wen!

Etienne wen ’n stel Zartek TX-8-tweerigtingradio’s ter waarde van R1 000. Die TX-8 is Zartek se nuutste model. Dis liggewig met ’n slim ontwerp. Die klank is hard en duidelik en die reikwydte ’n hele paar kilometer. Die stel het ’n wieglaaier, ’n USB-laaikabel en ’n netjiese huls wat aan jou gordel pas. zartek.co.za ■…

access_time1 min.
gesels met ons

Skryf aan redakteur@weg.co.za  of Weg, Posbus 740, Kaapstad 8000. Jy ken die storie... verkieslik minder as 300 woorde, en gee asseblief jou voornaam, van én tuisdorp. Weg behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort en op ons webruimte te plaas. ■…

access_time7 min.
wenbrief

’n Skilpad met ’n doodsbegeerte? Ons het verlede jaar die Karoo- nasionale park se oudste leeumannetjie, Bitterbal (pa van die bekende Sylvester), by een van die skuilings gewaar. Hy het aan ’n bergskilpad gekou. Sowat ’n uur en ’n half later kom nog ’n bergskilpad aangestap, direk na die leeu toe. Eers toe die skilpad sy kop ’n paar keer teen die leeu se agterlyf gedruk het, het Bitterbal omgekyk. Maar hy het bloot aanhou vreet. Die skilpad gaan sit toe styf teenaan die leeu. Toe die leeu klaar is en die laaste stukkie vleis uit die dop lek, het hy opgestaan en water gedrink. Daarna het hy omgedraai en met sy bolyf op die tweede skilpad gaan lê. Later het hy dié skilpad…

access_time3 min.
v&a

LOUISE MINNAAR van Nelspruit vra: Ek het dié foto geneem op ’n vriend se plaas in die Klaserie-omgewing. Wat sit daar onder die blaar? Die insekkenner DUNCAN MACFADYEN antwoord: Naaldekokers lê eiers in water. Eienaardige wit nimfe broei dan uit die eiers. Die nimf klim teen ’n takkie of riet op uit die water waarna die volwasse naaldekoker te voorskyn kom. Anders as die meeste insekte is daar nie ’n papiestadium nie. Dit word ’n onvolledige metamorfose genoem. Op dié foto is ’n volwasse baardmannetjie en die eksoskelet van die dooie nimf. Die nimfe en die volwasse naaldekokers is roofinsekte wat onder meer muskiete, muggies en bytende vlieë vreet. RENE BOTMA van Middelburg (Mpumalanga) vra: Die tor het van kleur verander toe ek hom…

SPECIAL ISSUES

  • Weg Botswana 2017-kaartgids

RECENT ISSUES

help