EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Travel & Outdoor
Weg!Weg!

Weg! April 2019

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read Morekeyboard_arrow_down
SUBSCRIBE
R468
12 Issues

IN THIS ISSUE

access_time2 min.
waai, weskus, waai

My liefde vir die langpad het in die Weskus begin. In die Paarl, om presies te wees. As jy nou ’n groot gestry in die Kaap wil begin, moet jy vra waar begin die Weskus nou eintlik. Tegnies gesproke seker daar by Kaappunt waar die weskus van Afrika aan sy mees suidwestelike punt eindig, of hoe? Maar geen boorling van die Weskus gaan hieraan toegee nie. Want dan beteken dit Houtbaai, Llandudno, Clifton, Kaapstad en die res van Sodom en Gomorra is deel van die Weskus, en dit kan tog nie wees nie! Begin dit dalk by Blouberg se strand? By Melkbos? Of eers by Langebaan? Op skool het my Weskus begin by Blouberg se Grootbaai, waar jy ondanks die 4mm-duikpak aan jou lyf na jou asem gesnak het elke keer as…

access_time2 min.
agter die skerms

Wat was die hoogtepunte? Ons kon elke aand die stilte van ’n landskap ervaar, sonder stadsgeluide of lugbesoedeling. En dit was bevrydend om dikwels geen selfoonontvangs te hê nie. Vermaak Senosi, die toer se boskok, het heerlike kos opgetower. Dit was besonders om die verlate myndorp Pomona en die Bogenfels-rotsboog in die Sperrgebiet te sien, sonder groot groepe toeriste wat om jou saamdrom. En die uitdagings? Die 560 km tot op Springbok, waar ek Douwe Vlok, die toerleier, ontmoet het, was die verste wat ek in my lewe nog alleen moes ry! Toe ek eers aan die gang kom, het ek die road trip baie geniet. Dit was net ek, my musiek en die oop vlaktes van die Namakwaland wat verbyflits. Een middag buite McDougallsbaai vra Douwe of ek saam met hom wil…

access_time8 min.
wenbrief

Dié jagluiperds is stadsjapies Ek bly al drie jaar in Centurion en was onlangs die eerste keer in die Rietvlei-natuurreservaat. Ek het gewonder hoe besonders kan ’n park in ’n stad nou wees... Maar die reservaat het my verras. Sedertdien was ek vier keer weer daar. Drie uit die vier keer het ons dié jagluiperdwyfie en haar drie welpies gesien. Dié betrokke oggend het ek aangery gekom en een gesien wat regop sit. Terwyl ek nader ry, het al vier skielik regop gesit en na my gestaar. Hulle was ’n entjie veld-in en die gras was lank, maar ek kon dié gesinsfoto neem. ’n Mens dink altyd net aan die groot reservate en vergeet van die kleineres. Rietvlei het ’n ryk voël- en dierelewe. Dis beslis ’n besoek werd as jy nie by die…

access_time2 min.
v&a

INA BOTHMA van Groblersdal vra: Ek het hierdie gogga afgeneem in die Letabakamp in die Kruger. Kan Duncan help met identifikasie, asseblief? Die insekkenner DUNCAN MACFADYEN antwoord: Dié sonbesie staan in Engels bekend as 'n axe-head cicada vanweë die protoraks se driehoekige randjie. Dié spesie kom algemeen voor in subtropiese bosveld. Hulle word gelok deur kunsmatige lig en vuur. Die geskreeu van sonbesies is sekerlik een van die kenmerkendste klanke van die somer. Dis net die mannetjies wat sing – die wyfies is stemloos. Dié lied dien waarskynlik as ’n soort samekomsroep en stimuleer moontlik ook die paringsdrang. JACKIE EKSTEEN van Polokwane skryf: Ek het dié gat teen die randjie van my grasperk gewaar. Toe ek dinge van nader bekyk, sien ek ’n padda in die gat. Het die padda self die…

access_time1 min.
kyk hier

Niks kan ’n mens voorberei op die uitsig van bo-op die Amfiteater in die Drakensberg nie... Dit voel asof die steil kranse onder jou voete wegglip en die lug is dun en yskoud. Dis egter ’n stewige stappie van die parkeerterrein aan die voet van die Sentinel (die berg aan die noordelike punt van die Amfiteater) af, en jy moet twee kettinglere uitklim – ’n dubbele dosis jelliebene! As jy senuagtig is om alleen te gaan, klop aan by een van die oorde in die omgewing – die meeste bied begeleide uitstappies aan. Jy word na en van die beginpunt vervoer, en jy het ’n kenner byderhand om jou deur die moeiliker dele te lei. Dis beslis die moeite werd!…

access_time2 min.
ontmoet die nuutste knopie ter wêreld!

Suid-Afrikaners met ’n vrees vir spinnekoppe het nou nóg ’n rede om saans wakker te lê... ’n nuwe spesie, die Phinda-knopiespinnekop, is hier ontdek. Dis die eerste nuwe knopiespinnekop (oorsee bekend as ’n “widow spider”) wat in 28 jaar ontdek is. Die spinnekop se wetenskaplike naam sal bekend gemaak word sodra die spesiebeskrywing in ’n vaktydskrif gepubliseer is. Hy kry sy noemnaam van die natuurreservaat in KwaZulu-Natal waar die navorsers ’n groot deel van hulle werk gedoen het. Hoe ontdek ’n mens ’n nuwe spesie? Die spinnekop is die eerste keer in 2014 in die Tembe-olifantpark aan die noordoostelike kus raakgesien. Die navorser Barbara Wright van die Wild Tomorrow Fund en haar man, Clinton, het vermoed dis ’n nuwe spesie totdat dr. Ian Engelbrecht, ’n spinnekopkenner van die Universiteit van Pretoria, hulle…

help