EXPLOREMY LIBRARYMAGAZINES
CATEGORIES
  • Art & Architecture
  • Boating & Aviation
  • Business & Finance
  • Cars & Motorcycles
  • Celebrity & Gossip
  • Comics & Manga
  • Crafts
  • Culture & Literature
  • Family & Parenting
  • Fashion
  • Food & Wine
  • Health & Fitness
  • Home & Garden
  • Hunting & Fishing
  • Kids & Teens
  • Luxury
  • Men's Lifestyle
  • Movies, TV & Music
  • News & Politics
  • Photography
  • Science
  • Sports
  • Tech & Gaming
  • Travel & Outdoor
  • Women's Lifestyle
  • Adult
FEATURED
EXPLOREMY LIBRARY
 / Travel & Outdoor
Weg!Weg!

Weg! June 2019

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read More
SUBSCRIBE
R468
12 Issues

IN THIS ISSUE

2 min.
perspektief en ’n pluimpie

Ons is mos geneig om vir onsself ’n groef in die lewe uit te grawe namate ons dag ná dag dieselfde ding doen. Die groef word later ’n sloot, dan ’n loopgraaf... en as jy weer rondom jou kyk, is jy in ’n stikdonker canyon. Jy kan vorentoe kyk – dalk agtertoe – maar van die driedimensionele wêreld buite ervaar jy nie veel nie. Dis hoekom reis goed is vir jou. Jy skep asem. Jy kry perspektief. Soos toe ek onlangs twee salige dae in die Krokodilpoort-natuurreservaat naby Mbombela gekamp het. ’n Mens vlieg van die Kruger-Mpumalangainternasionale lughawe (KMIL) af terug na Kaapstad. Ek het opnuut besef KMIL is my gunsteling-lughawe in die wêreld. Hy spog met die grootste rietdak van enige lughawe in die wêreld (7 350 m2), maar dis fyn…

1 min.
agter die skerms

In die Weg-geledere wil ons altyd weet: Hoe hou jy die lekkerste vakansie? Ek is lief vir die natuur en kamp en stap graag. Met ’n baba in die huis het dié liefdes die laaste paar jaar agterweë gebly, maar noudat my spruit, Zac, twee geword het, wil ek hom graag ook aan dié lekkertes bekend stel. Tuis is ek ’n boekwurm wat hou van tuinmaak, selfdoentakies, naaldwerk en fliek. En ek sal my lewe gee vir lekker pasta. Waarna kan Weg se smulpape uitsien? Ek hou van kos wat indrukwekkend lyk, lekker smaak, maar eintlik min moeite is om te berei. Ek wil vir Weg resepte skryf wat mense, ongeag waar hulle vakansie hou, aanspoor om te kook – of dit nou in ’n beperkte selfsorgkombuis of oor ’n kampvuur is.…

1 min.
weg!

REDAKTEUR PIERRE STEYN redakteur@weg.co.za ADJUNKREDAKTEUR ESMA MARNEWICK esma.marnewick@weg.co.za REISREDAKTEUR TOAST COETZER toast@weg.co.za KOSREDAKTEUR JOHANÉ NEILSON TEKSREDAKTEURS VANIA JOOSTE vjooste@weg.co.za; PETER VAN NOORD (proefleser) FOTOREDAKTEUR SHELLEY CHRISTIANS shelley.christians@media24.com JOERNALIS SOPHIA VAN TAAK sophia.vantaak@weg.co.za KUNSHOOF LYNNE FRASER lynnefraser@media24.com KUNSTENAAR ASHWELL PRINS ashwell.prins@gomag.co.za KARTOGRAAF FRANÇOIS HAASBROEK francois.haasbroek@media24.com WEBREDAKTEUR MARCELLE VAN NIEKERK marcelle.vanniekerk@media24.com MEDEWERKER ERNS GRUNDLING; JON MINSTER HOOF: MEDIA24 ISHMET DAVIDSON HOOF: MEDIA24: DRUKMEDIA RIKA SWART HOOFBESTUURDER: LEEFSTYL MINETTE FERREIRA HOOFBESTUURDER: MAANDTYDSKRIFTE NERISA COETZEE BESTURENDE REDAKTEUR: KOMMERSIEEL GERDA ENGELBRECHT PRODUKSIEBESTUURDER KERRY NASH FINANSIËLE BESTUURDER MUNEEB ADAMS SIRKULASIEBESTUURDER RIAAN WEYERS riaan.weyers@media24.com ADVERTENSIES SAKEBESTUURDER – VERKOPE: DANIE NELL 021 408 3833; danie.nell@media24.com ADVERTENSIEVERKOPE JOHANNESBURG JEANINE KRUGER 082 342 2299 jeanine.kruger@media24.com LIZEL PAUW 082 876 8189 lizel.kok@media24.com SHARLENE SMITH 083 583 1604 sharlene.smith@media24.com THEA THOMAS 078 450 7771 tthomas@media24.com YUMNA ROJAN 072 399 5789 Yumna.rojan@media24.com YELANDA MITCHELL 074 897 9576 Yelanda.Mitchell@media24.com KYLEE ROBERTSON 076 263 9114 kylee.robertson@media24.com KAAPSTAD NICK FITZELL 071 430 6311 nick.fitzell@media24.com SANETHA MEINTJIES 084 416 5797 sanetha.meintjies@media24.com HANNES BURGER 076 152 4605 Hannes.burger@media24.com DANIELA DI GIOVANNI 083 709…

5 min.
wenbrief

Met ’n poegie oor die Swartberg Ek en my man het met ons klassieke Vespas, ’n Primavera 125 en ’n 200 PX, van Mosselbaai na Oudtshoorn gery oor die Swartbergpas en oorgeslaap op Prins Albert. Die volgende dag het ons deur Meiringspoort, Dysselsdorp, Herold en oor die Montagupas teruggery Mosselbaai toe. Die poegies het hulle uitstekend gedra op die grondpaaie en passe. Ons het die omgewing ingedrink en oral stilgehou om foto’s te neem. Dié Kaapse kliplyster (inlas) het op die Vespa kom sit terwyl ons koffie gedrink het in Meiringspoort. Wat ’n onvergeetlike vakansie! HELEN BRINK, Mosselbaai Laat dit juig in Namibië Ons kamp gereeld in Namibië. Ons het onlangs ’n heerlike avontuur langs die Kunenerivier gehad en teruggery via Puros. Dié foto van Alex Wright is geneem by Spitzkoppe met die Brandberg in die…

2 min.
v&a

ARTHUR MISKIN van Pretoria skryf: My dogter, Morgan, het dié foto uit haar kamervenster geneem. Hulle bly op ’n koppie naby die Pretoria Boys’ High School – dis ’n redelik beboste omgewing. Kom gevlekte ooruile algemeen voor in stede? Die voëlkenner FAANSIE PEACOCK antwoord: Dis ’n mooi foto van ’n gevlekte ooruil. Dié spesie kom redelik algemeen voor in beboude gebiede landwyd. Hulle kry dit reg om te oorleef in klein kolle natuurlike habitat in andersins ontwikkelde gebiede. Trouens, hulle slaap of maak dikwels neste op geboue – ’n mens sien gereeld foto’s van uiltjies op potplante of vensterbanke op sosialemediaplatforms. Een rede waarom uile in stede oorleef, is omdat hulle ’n wye verskeidenheid prooi jag, van insekte tot klein soogdiere. Straatligte is ook ’n puik uitkykpunt vir dié nagjagters, én elektriese…

2 min.
tuinroete herstel ná brande

Plantegroei wat in die Tuinroete- nasionale park vernietig is in die brande van Junie 2017 en Oktober 2018, het tot so ’n mate herstel dat voetslaanpaaie en bergfietsroetes in die park weer vir die publiek oopgestel is. Dit sluit in die Kranshoek-dagstaproete, die twee dae lange Harkerville-staproete en die bekende Rooi-bergfietsroete in die Harkerville-omgewing. Volgens Nico Oosthuizen, afdelingsveldwagter vir die Harkerville-deel van die park, is plaaslike fietsryers en ryers wat gereeld die roetes ry, in hulle noppies met die herstel- en instandhoudingswerk wat op die Rooi-bergfietsroete gedoen is. Dit sluit die gedeelte in wat in 2017 gebrand het. Die 22 km lange roete is die uitdagendste van die vier Harkerville-bergfietsroetes, en dit word as een van die mooistes in die land gereken aangesien dit deur velde fynbos, inheemse woude en langs die Indiese…