EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Travel & Outdoor
Weg!Weg!

Weg! July 2019

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read Morekeyboard_arrow_down
SUBSCRIBE
R468
12 Issues

IN THIS ISSUE

access_time2 min.
wakker akkers

Ek is ’n sucker vir ’n goeie geskiedenisstorie. ’n Mens sou dink ’n moeë leerplan vol droë datums sou enige skoolkind se liefde vir die verlede doodsmoor…en dit het amper. Totdat ek op die eerste dag van my eerste jaar op universiteit hoor hoe prof. Rodney Davenport, destydse hoof van die departement van geskiedenis aan die Rhodesuniversiteit in Grahamstad, sê ons moet alles wat ons op skool geleer het, summier vergeet. Net omdat een ou – meestal mans en waarskynlik die oorwinnaar van een of ander stryd – destyds sy weergawe van gebeure opgeteken het, beteken dit nie sy storie is waar nie. Bowendien, die geskiedenis is nie ’n spul datums wat onthou moet word nie, maar die stories van ons voorsate – wesens van bloed en vlees wat net soos…

access_time2 min.
agter die skerms

Het jy met Weg grootgeword? Inderdaad! Om die waarheid te sê, ek het selfs as ’n agtjarige die destydse Wegbreek-tydskrif se bekendstelling op Greyton bygewoon. My peetma, Marlene van Eeden, was in die beginjare betrokke by die tydskrif en daar was ’n foto’tjie van my in ’n ou Wegbreek – aan’ t springmielies eet by ’n kampvuur! Watter indruk het die tydskrif op jou gemaak? Dit het my nog altyd opgeval hoeveel menslikheid in Weg- artikels is. Oor die jare heen het lesers die skrywers leer ken en sáám met hulle op reis gegaan. As Toast byvoorbeeld iewers in ’n obskure hoekie van die Vrystaat beland waar hy met iets eienaardigs te doen kry, kan die leser hom al herken aan die manier hoe hy dit vertel. Jy wil jou kop knik en…

access_time1 min.
weg!

REDAKTEUR PIERRE STEYN redakteur@weg.co.za ADJUNKREDAKTEUR ESMA MARNEWICK esma.marnewick@weg.co.za REISREDAKTEUR TOAST COETZER toast@weg.co.za KOSREDAKTEUR JOHANÉ NEILSON TEKSREDAKTEURS VANIA JOOSTE vjooste@weg.co.za; PETER VAN NOORD (proefleser) FOTOREDAKTEUR SHELLEY CHRISTIANS shelley.christians@media24.com JOERNALISTE SOPHIA VAN TAAK sophia.vantaak@weg.co.za; KYRA TARR kyra.tarr@media24.com KUNSHOOF LYNNE FRASER lynnefraser@media24.com KUNSTENAAR ASHWELL PRINS ashwell.prins@gomag.co.za KARTOGRAAF FRANÇOIS HAASBROEK francois.haasbroek@media24.com WEBREDAKTEUR MARCELLE VAN NIEKERK marcelle.vanniekerk@media24.com MEDEWERKERS ERNS GRUNDLING; JON MINSTER HOOF: MEDIA24 ISHMET DAVIDSONHOOF: MEDIA24: DRUKMEDIA RIKA SWARTHOOFBESTUURDER: LEEFSTYL MINETTE FERREIRAHOOFBESTUURDER: MAANDTYDSKRIFTE NERISA COETZEEBESTURENDE REDAKTEUR: KOMMERSIEEL GERDA ENGELBRECHTPRODUKSIEBESTUURDER KERRY NASHFINANSIËLE BESTUURDER MUNEEB ADAMSSIRKULASIEBESTUURDER RIAAN WEYERS riaan.weyers@media24.com ADVERTENSIES SAKEBESTUURDER – VERKOPE: DANIE NELL 021 408 3833; danie.nell@media24.com ADVERTENSIEVERKOPE JOHANNESBURG JEANINE KRUGER 082 342 2299 jeanine.kruger@media24.comLIZEL PAUW 082 876 8189 lizel.kok@media24.comSHARLENE SMITH 083 583 1604 sharlene.smith@media24.comTHEA THOMAS 078 450 7771 tthomas@media24.comYUMNA ROJAN 072 399 5789 Yumna.rojan@media24.comYELANDA MITCHELL 074 897 9576 Yelanda.Mitchell@media24.comKYLEE ROBERTSON 076 263 9114 kylee.robertson@media24.com KAAPSTAD NICK FITZELL 071 430 6311 nick.fitzell@media24.comSANETHA MEINTJIES 084 416 5797 sanetha.meintjies@media24.comHANNES BURGER 076 152 4605 Hannes.burger@media24.comDANIELA DI…

access_time7 min.
vooraf

Toer met ’n oop hart en ’n oop hand ’n Paar jaar gelede het ek en my vrou, Hermie, langs die Weskus getoer. Ons het voor die tyd op die radio gehoor as jy op ’n toer kinders sien wat bedel, moet jy nie lekkers gee nie, maar skryfbehoeftes. Ons het 40 geskenkpakkies gemaak en uitgedeel in die omgewing van Lambertsbaai, Springbok en Soebatsfontein. Dit was wonderlik om te sien hoe die kinders se gesiggies verhelder. Met ons toer vanjaar het ons met behulp van Erika Kotzé van die Willemsriviergasteplaas die plaaslike kleuterskool op Nieuwoudtville, Kabouterland, ondersteun. Ek het houtblokkies en Hermie boontjiesakkies en waslappe gemaak. Vriende het onder meer klere, tandepasta, tandeborsels, papier en karton geskenk. Die kinders het vir ons gesing en gewys wat hulle alles leer. Hulle juffrou, Rochelle Mzane, die…

access_time3 min.
v&a

Ons was onlangs in die Mokala- nasionale park naby Kimberley. Ons het afgekom op ’n swerm witrugaasvoëls by ’n wildebeeskarkas langs ’n 4x4-roete. Een van die aasvoëls was met die nommer T375 gemerk. Wat is die doel van die nommer? DAAN CILLIERS, Sasolburg RONELLE VISAGIE van die Trust vir Bedreigde Natuurlewe (EWT) antwoord: Ons monitor die park se witrugaasvoëls reeds sedert 2008. Ek het verlede jaar sowat 300 bome met neste in die park en die omliggende plase besoek. Sowat 150 van die neste was aktief en ons het 101 kuikens gemerk. Dis deel van ’n studie om die bewegings van dié aasvoëls dop te hou. As die nommer aan ons gerapporteer word, weet ons hoe oud die kuiken is en hoe ver hy van die nes af beweeg het. T375 is byvoorbeeld op…

access_time1 min.
stropers, pasop!

Dink net: Wat as die diere in ’n bewaringsgebied jou kon waarsku van enige stroperaktiwiteit? Die Wildlife Protection Project poog om met behulp van dieregedrag, data en ’n selfoonnetwerk juis dit te doen. Die teenstropingsinisiatief in die Welgevonden-wildreservaat naby Vaalwater is nog in die toetsfase, maar hoop om sodoende renosterbewaring meer volhoubaar en doeltreffend te maak. Hoe werk dit? Navorsers weet reeds hoe prooidiere reageer wanneer hulle ’n roofdier in die veld teëkom. Hulle hartklop versnel en hulle spoed en posisie verander. Navorsers het toe in dié wildreservaat begin monitor hoe diere reageer op mense – dit sluit in wildritte, begeleide stappies en “kamma”-stropers. Spesifieke herbivore (sebra, rooibok, wildebees en eland) dra halsbande met ’n GPS en versnellingsmeter en hulle gedrag word gemonitor. Dié data word direk gestuur aan die Wageningen-universiteit in…

help