EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Travel & Outdoor
Weg!Weg!

Weg! August 2019

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read Morekeyboard_arrow_down
SUBSCRIBE
R468
12 Issues

IN THIS ISSUE

access_time2 min.
kyk noord… én oos, wes en suid

Weg-lesers ervaar ons land deur die oë van ons skrywers: Of dit nou ’n blommetoer deur Namakwaland of ’n besoek aan die Bergkwagga- nasionale park in die Oos-Kaap is. En baiekeer volg julle in ons voetspore – met die tydskrif as gids – omdat die lees ’n nuuskierigheid oor ’n spesifieke plek in julle gemoed losgewikkel het. Maar dis net so lekker om as passasiers die wêreld saam met julle te verken, die verafgeleë plekke waar ons dalk nooit gaan kom nie (maar bittergraag wil): Patagonië, Turkye, Nepal, Viëtnam, Portugal, Noorweë. Daar gaan nie ’n week verby dat ons nié ’n foto ontvang van ’n leser wat êrens in die wêreld met ’n Weg in die hand breed glimlag nie. En ons besef weer ons lesers skrik nie vir ’n grens…

access_time2 min.
agter die skerms

Ken jy die omgewing? Ja! Ek het in Nelspruit grootgeword. Ek en my man het onlangs teruggekeer nadat ons agt jaar op Makhanda (Grahamstad) gewoon het. Ons bly nou op ’n plaas ’n uur en ’n half buite Graskop. Ek ken dus die meeste watervalle – ons gesin het gereeld hier kom uitspan. Tog was die Lisbon- en Motitsi-waterval nuwes wat ek van my lys kon afmerk! Die atmosfeer op Graskop is ... Graskop lyk soos ’n rustige plattelandse dorpie, maar as jy jou weer kom kry, wemel dit van toeriste en aktiwiteite. En soos die meeste plattelandse dorpies lok dit allerlei interessante karakters en kunstenaars. Die eienaar van Joe Bangle’s Leather Craft, Joe Risseeuw, dra altyd net ’n sarong om sy middel en ’n moonbag. Die storie loop dat ’n watergees…

access_time1 min.
weg!

REDAKTEUR PIERRE STEYN redakteur@weg.co.za ADJUNKREDAKTEUR ESMA MARNEWICK esma.marnewick@weg.co.za REISREDAKTEUR TOAST COETZER toast@weg.co.za KOSREDAKTEUR JOHANÉ NEILSON TEKSREDAKTEURS VANIA JOOSTE vjooste@weg.co.za; PETER VAN NOORD (proefleser) FOTOREDAKTEUR SHELLEY CHRISTIANS shelley.christians@media24.com JOERNALISTE SOPHIA VAN TAAK sophia.vantaak@weg.co.za; KYRA TARR kyra.tarr@media24.com KUNSHOOF LYNNE FRASER lynnefraser@media24.com KUNSTENAAR ASHWELL PRINS ashwell.prins@gomag.co.za KARTOGRAAF FRANÇOIS HAASBROEK francois.haasbroek@media24.com WEBREDAKTEUR MARCELLE VAN NIEKERK marcelle.vanniekerk@media24.com MEDEWERKERS ERNS GRUNDLING; JON MINSTER; ARTHUR JONES HOOF: MEDIA24 ISHMET DAVIDSON HOOF: MEDIA24: DRUKMEDIA RIKA SWART HOOFBESTUURDER: LEEFSTYL MINETTE FERREIRA HOOFBESTUURDER: MAANDTYDSKRIFTE NERISA COETZEE BESTURENDE REDAKTEUR: KOMMERSIEEL GERDA ENGELBRECHT PRODUKSIEBESTUURDER KERRY NASH FINANSIËLE BESTUURDER MUNEEB ADAMS SIRKULASIEBESTUURDER RIAAN WEYERS riaan.weyers@media24.com ADVERTENSIES SAKEBESTUURDER – VERKOPE: DANIE NELL 021 408 3833; danie.nell@media24.com ADVERTENSIEVERKOPE JOHANNESBURG JEANINE KRUGER 082 342 2299 jeanine.kruger@media24.com LIZEL PAUW 082 876 8189 lizel.kok@media24.com SHARLENE SMITH 083 583 1604 sharlene.smith@media24.com THEA THOMAS 078 450 7771 tthomas@media24.com YUMNA ROJAN 072 399 5789 Yumna.rojan@media24.com YELANDA MITCHELL 074 897 9576 Yelanda.Mitchell@media24.com KYLEE ROBERTSON 076 263 9114 kylee.robertson@media24.com KAAPSTAD NICK FITZELL 071 430 6311 nick.fitzell@media24.com SANETHA MEINTJIES 084 416 5797 sanetha.meintjies@media24.com HANNES BURGER 076 152 4605…

access_time9 min.
vooraf

Hiëna se kind laat luiperd les opsê Die S90-grondpad suid van die Balulesatellietkamp in die Krugerwildtuin wou net begin vervelig raak toe ’n jakkalsie oor die pad draf. Net toe ons stilhou, sien ons ’n beweging in ’n groot bos langs die pad – ’n hiëna, wat lyk asof hy gevreet het. Skielik kom ’n groot luiperdmannetjie oor die pad gestap. Hy loop eers ’n draai en pyl toe reguit in die bos in – die hiëna laat spaander in die ander rigting. Die hiëna was baie kleiner as die luiperd, maar nog lank nie klaar met Ta nie. Die luiperd sleep toe ’n vlakvarkkarkas by die bos uit. En voor ek my kom kry, is die hiëna weer daar. Die stof dwarrel soos die twee oor die vlakvark stoei. Snaaks genoeg, lyk…

access_time3 min.
v&a

NICK MATHIOS van Secunda skryf: Ek het dié bleshoender, wat aggressief vlerke klap, in die Marievale-voëlreservaat gesien. Die volgende oomblik dop daar ’n grootkoningriethaan onder hom uit – die bleshoender het hom gepik en aangeval, kompleet asof hy hom wou verdrink. Ek was verras dat die kleiner bleshoender die oorhand kon hê. Toe ’n volgende bleshoender aankom om sy maat te help, het ek gedink dis die laaste sien van die riethaan. Gelukkig het iets die bleshoender se aandag afgetrek en kon die riethaan ontsnap. Die voëlkenner LUKAS NIEMAND antwoord: Daar is ’n paar verklarings vir die gedrag. Bleshoenders is van nature aggressief en veglustig. Hulle is uiters territoriaal en skroom nie om mekaar te jaag indien ’n individu sy gebied betree nie – dit kan tot hewige gevegte lei. Bleshoenders verdedig hulle…

access_time1 min.
kyk hier!

Namakwaland trek binnekort sy kleurryke blombaadjie aan. Annéne Maré, ’n jong Suid-Afrikaner in Japan, het ’n ander soort blommeskoupel beleef. Sy werk tans as ’n Engelsonderwyser in die stad Kagoshima, en het die stad Osaka verder noord in die kersiebloeiselseisoen besoek. Dié foto is geneem by die Osaka-kasteel, een van die bestemmings vir hanami, wat rofweg vertaal kan word as “blommekyk”. Daar is meer as 4 000 kersiebloeiselbome op die kasteel se gronde en in die lente (begin April) ontplof die bome skouspelagtig met pastelpienk bloeisels. Volg Annéne se reise op Instagram @adventure_annene.…

help