EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Travel & Outdoor
Weg!Weg!

Weg! September 2019

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read Morekeyboard_arrow_down
SUBSCRIBE
R468
12 Issues

IN THIS ISSUE

access_time1 min.
weg!

REDAKTEUR PIERRE STEYN redakteur@weg.co.za ADJUNKREDAKTEUR ESMA MARNEWICK esma.marnewick@weg.co.za REISREDAKTEUR TOAST COETZER toast@weg.co.za KOSREDAKTEUR JOHANÉ NEILSON TEKSREDAKTEURS VANIA JOOSTE vjooste@weg.co.za; PETER VAN NOORD (proefleser) FOTOREDAKTEUR SHELLEY CHRISTIANS shelley.christians@media24.com JOERNALISTE SOPHIA VAN TAAK sophia.vantaak@weg.co.za; KYRA TARR kyra.tarr@media24.com KUNSHOOF LYNNE FRASER lynnefraser@media24.com KUNSTENAAR ASHWELL PRINS ashwell.prins@gomag.co.za KARTOGRAAF FRANÇOIS HAASBROEK francois.haasbroek@media24.com WEBREDAKTEUR MARCELLE VAN NIEKERK marcelle.vanniekerk@media24.com MEDEWERKERS ERNS GRUNDLING; JON MINSTER; ARTHUR JONES HOOF: MEDIA24 ISHMET DAVIDSON HOOF: MEDIA24: DRUKMEDIA RIKA SWART HOOFBESTUURDER: LEEFSTYL MINETTE FERREIRA HOOFBESTUURDER: MAANDTYDSKRIFTE NERISA COETZEE BESTURENDE REDAKTEUR: KOMMERSIEEL GERDA ENGELBRECHT PRODUKSIEBESTUURDER KERRY NASH FINANSIËLE BESTUURDER MUNEEB ADAMS SIRKULASIEBESTUURDER RIAAN WEYERS riaan.weyers@media24.com ADVERTENSIES SAKEBESTUURDER – VERKOPE: DANIE NELL 021 408 3833; danie.nell@media24.com ADVERTENSIEVERKOPE JOHANNESBURG JEANINE KRUGER 082 342 2299 jeanine.kruger@media24.com LIZEL PAUW 082 876 8189 lizel.kok@media24.com SHARLENE SMITH 083 583 1604 sharlene.smith@media24.com THEA THOMAS 078 450 7771 tthomas@media24.com YUMNA ROJAN 072 399 5789 Yumna.rojan@media24.com YELANDA MITCHELL 074 897 9576 Yelanda.Mitchell@media24.com KYLEE ROBERTSON 076 263 9114 kylee.robertson@media24.com KAAPSTAD NICK FITZELL 071 430 6311 nick.fitzell@media24.com SANETHA MEINTJIES 084 416 5797 sanetha.meintjies@media24.com HANNES BURGER 076 152 4605…

access_time9 min.
vooraf

Ek en my We-e-e-... Hierdie is sekerlik ’n eerste vir Weg? Ek was ’n tyd lank ’n gids vir die Kanadese toermaatskappy G-Adventures en het gereeld weke lank tussen Kaapstad en die dorp Livingstone in Zambië getoer. In 2010 het my broer, Mouton, vir ’n paar weke saam gereis. By die Victoria-waterval het ons ’n Weg-tydskrif op sy rug vasgemaak voordat ons die 111 m-reksprong van die brug af aangepak het! RUDOLF BADENHORST, Lilongwe Dit wil gedoen wees, dankie, Rudolf. Ons vermoed dis die eerste keer in menseheugenis dat ’n tydskrif ’n reksprong doen. – Red. Só moet jou dag begin Die klok het skaars 8 vm. geslaan toe verskyn twee reënboë oor die T’Niqua Stable Inn ( tniqua.co.za) op Plettenbergbaai. Dit het heelnag gereën en dié oggend was prentjiemooi. Jy vergeet heeltemal van die stad se lawaai…

access_time1 min.
v&a

JOAN SHINN van Port Elizabeth skryf: Ek het dié akkedisse afgeneem terwyl ek langs Marine-rylaan gery het. Kan iemand help met identifikasie? Die reptielkenner JOHAN MARAIS antwoord: Dié klipkoggelmanders is ’n algemene rotsbewoner wat dikwels op rotse langs strande gesien word. Net soos die boomkoggelmander word die mannetjies se kop helderblou in die broeiseisoen. Hulle vreet hoofsaaklik miere en termiete, asook ander insekte. ETIENNE DU TOIT van Centurion skryf: My vriend het hierdie slang by die Laerskool Mariepskop gekry. Watse slang is dit? JOHAN MARAIS antwoord: Dis ’n onskadelike reuse pootlose akkedis (Acontias plumbeus). Daar is groot verskille tussen slange en akkedisse, veral die bene in die kop. Dié akkedis het oorgate en ooglede wat slange nie het nie, en hulle vreet insekte. Bittermin slange vreet insekte.…

access_time1 min.
sterreweg

Die binneplanete staan erewag Venus was tot dusver nog heeljaar lank die “oggendster” in die ooste, maar het teen die einde van Julie in die gloed van die Son verdwyn. Nadat Venus agterom die Son beweeg het, herverskyn dit vandeesmaand as die “aandster”. Venus sit aanvanklik laag op die westelike horison, maar klim aand ná aand al hoe hoër. Mercurius neem slegs 88 dae om een keer om die Son te wentel (in vergelyking met Venus se 225 dae) en wissel dus baie vinniger (elke twee maande, om presies te wees) tussen oggend- en aandsigbaarheid. Mercurius se sigbaarheid in 2019 is op sy beste in September/Oktober, en dis ’n gulde geleentheid om die skugter planeet te sien. Soos gesien kan word in die tabel van maanfases hieronder, val Nuwemaan op Saterdag 28 September. Dit…

access_time1 min.
maanfases

EERSTE KWARTIER 6 SEPTEMBER DOOIEGETY: 7 SEPTEMBER HOOGGETY: 10.30 VM. & 22.59 NM. VOLMAAN 14 SEPTEMBER SPRINGGETY: 15 SEPTEMBER HOOGGETY: 3.49 VM. & 4.05 NM LAASTE KWARTIER 22 SEPTEMBER DOOIEGETY: 23 SEPTEMBER HOOGGETY: 10.26 VM. & 11.04 NM. NUWEMAAN 28 SEPTEMBER SPRINGGETY: 29 SEPTEMBER HOOGGETY: 10.26 VM. & 11.04 NM. Hierdie is die hoogwatertye vir Kaapstad. Vir ander plekke tel jy die minute by of trek dit af (let wel, hierdie is benaderde tye): Saldanha: +5; Hermanus: -4; Port Elizabeth: +19; Durban: +26 Bron Gety-inligting met die vergunning van die Hidrograaf, SA Vloot. Die Hidrograaf is nie verantwoordelik vir enige transkripsiefoute nie. sanho.co.za SONOP & SONONDER (14 SEPTEMBER) Kaapstad 6.47 vm. en 6.37 nm. Bloemfontein 6.15 vm. en 6.07 nm. Johannesburg 6.07 vm. en 6 nm. Durban 5.56 vm. en 5.48 nm. Bron saao.ac.za…

access_time2 min.
aftrek plek

Die Waenhuis, Coligny, Noordwes Coligny se hoofstraat is Voortrekkerstraat. En daar waar Voortrekkerstraat ’n 90 °-draai maak, sal jy die Noordwes-koöperasie (NWK) sien. (Die een kant van die NWK is eintlik aan Eeufeesstraat.) Oorkant die NWK staan ’n gebou langs ’n windpomp wat nie regtig werk nie, maar wel jou aandag sal trek. Dié geboutjie is Christa O’Callaghan se eetplek, Die Waenhuis. “Ek maak maar eenvoudige boerekos,” vertel Christa my terwyl ek ’n perfekte koeksister (nét hard genoeg buite-om, nét sag genoeg binne...) wegpak saam met my swart koffie, voorgesit in ’n blikbeker. Die plaastema is sterk by Die Waenhuis – agter die toonbank is selfs ’n plaashek teen die muur gemonteer! Terwyl ons gesels, kom ’n paar van Christa se gereelde klante inloer om kos op te tel. “Veral die ou mense…

help