EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Travel & Outdoor
Weg!Weg!

Weg! Weg Botswana 2017-kaartgids

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read Morekeyboard_arrow_down
SUBSCRIBE
R540
12 Issues

IN THIS ISSUE

access_time1 min.
redakteursbrief

Met elke terugkeer leer ons weer: Botswana lê wyd, Botswana lê groot. Dié mooi buurland van ons se ruwe bosveld, kalm water en uitgestrekte landskappe bied van die beste 4x2- selfryvakansiegeleenthede in Afrika.Hierdie gids gaan jou lus maak vir reis, én help beplan aan jou eie besoek aan Botswana. Indien jy nie baie verlof het nie, hoef jy ook niks verder as die suide van die land te kyk nie: Van die Tuliblok (bl. 32) in die suidooste tot Khawa in die Kalahari-woestyn (bl. 62) lê wegbreekplekke wat jou ’n dagreis of twee spaar.In vanjaar se gids verken ons minder bekende (dit beteken: hier word jy nie vertrap deur toergroepe nie) plekke soos Nxaipan en die Botetirivier.’n Vakansie in Botswana word vinnig ook ’n vakansie in Namibië se Zambesistreek, of…

access_time1 min.
’n man wat kan

Wat was die wildste plek? Beslis die omgewing rondom die Magotho Camp en die Khwairivier aan die bopunt van Moremi. En dan daardie dag wat ek gedink het ek gaan ’n lekker sirkelroete van Linyanti af, Savuti om en terug Linyanti toe ry (sien bl. 68). Ek het die gewoonte om op vergete paadjies te beland. Maar ek verdwaal nie – ek verken.Waar was jy die benoudste? By die eerste waterkruising naby Mababe, en die 15 kruisings daarna. Ek het elke liewe keer asem opgehou as die Isuzu se neus skielik wegduik in die donker water. En dit het gevoel asof Nxaipan se brullende leeus (bl. 54) tot ín my tent kan sien.Maar ek dink ek was die benoudste in Nigel se haarsalon agter die Shell in Letlhakane (foto bo).…

access_time3 min.
hoe om hierdie gids te gebruik

KAARTETussen bl. 12 en bl. 15 verskyn kaarte wat die ganse Botswana dek. Hierop word al die teerpaaie en groter grondpaaie aangedui, asook die afstande tussen die groter dorpe. Gebruik hulle om jou eie roete te begin beplan – as jy die land met jou 4x2 gaan aanvat en net op die hoofroetes wil bly, het jy geen ander kaarte nodig nie.Indien jy beplan om met jou 4x4 van die kleiner paadjies in wildernisse soos Moremi, Chobe of die Makgadikgadipanne te pak, is ’n GPS onontbeerlik. Laai Tracks4- Africa se nuutste kaarte en roetes af by tracks4africa.co.zaGPS-KOÖRDINATEOns gebruik die desimale gradestelsel. Maak seker jy stel jou GPS op dieselfde stelsel, anders sal ons koördinate “verkeerd” lyk. Baie van ons koördinate kom van Google Earth af – laat ons weet as…

access_time3 min.
draf deur die grens

PLATJAN-GRENSPOS (ALICE INGGS)VIR JOU KARZA-plakker vir agterop jou karTwee nooddriehoeke is beter as eenBrandblusserGlimbaadjie (dra dit wanneer jy uitklim op die padskouer om wiel reg te maak)Glimplakkerstroke op jou buffers. Wit/silwer voor en rooi agter. (Verpligtend in Zim en Zambië, koop dit by Midas – ja, selfs al het jou kar klaar rooi-enwit weerkaatsers op – dit moet plakkers wees!GRENSWENKEKies ’n klein grenspos. Ons hou van McCarthysrus of Middelputs (Noord-Kaap), en Platjan of Stockpoort (Limpopo). Probeer groter grensposte vermy, veral rondom die einde van die maand, en groot vakansiedae. Maak seker jy het genoeg kontant om jou oorgrenstariewe (sien regs bo) te betaal.Skryf jou reeksnommers vooraf neer. Skryf jou kameras, lense, selfone, GPS, skootrekenaar, ensovoorts se reeksnommers vooraf neer, en maak afskrifte daarvan. Dit maak die verklaar van toerusting maklikerLos…

access_time5 min.
botswana vir groentjies

KOLE IS KONING. Kamp jou pad deur Botswana en hou sodoende jou vakansie binne begroting.WAT SÊ DIE MENSE?Tessa du Preez, Bellville“Op geen ander plek as die Choberivier kan jy met ’n boot vaar tot so na aan die sagte reuse van die natuur nie. En jy kan maar net sit, foto’s neem en kyk hoe hulle die water geniet!”Deon van der Merwe, Centurion“Hoewel ek voel die prys was styf, was die uitkykvlug oor die Okavangodelta steeds die moeite werd. Net uit die lug ervaar jy die delta in sy volheid. Ons het seekoeie, olifante, sebras en kameelperde gesien.”Het ek regtig nie ’n 4x4 nodig nie?Nee. Jy moet jou besoek net anders benader. Ry met jou 4x2 tot by die punte waarvandaan jy dan met ander vervoer (soms per 4x4-wildkykvoertuig, soms…

access_time7 min.
die groot noordelike sirkel

DAG 1Suidelike BotswanaDis vér Botswana toe. Afhangende van waar in Suid-Afrika jy bly, sal jy die land heel moontlik eers op die oggend van die tweede dag van jou vakansie binnery.Indien jy uit die Wes-, Oos- of Noord-Kaap ry, mik dan vir die dorpie Kang. Hierdie is die westelike roete na Maun, oor Ghanzi.Indien jy uit een van die ander provinsies vertrek, mik vir Serowe om Maun met die sentrale roete te nader.ONS KEUSE!Kalahari Rest (bl. 85, buite Kang, vir westelike roete) en Khama Rhino Sanctuary (bl. 86, buite Serowe, vir sentrale roete).DAG 2Maun & OkavangodeltaIndien jy die westelike roete ry, ry jy deur mooi Kalahariveld. Die sentrale roete lei jou weer al langs die Botetirivier (sien storie op bl. 22) na Maun.Maun is een van die land se groot…

help