ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
WegRy

WegRy

July 2017

WegRy is ’n maandelikse tydskrif oor 4x4-ekspedisies en agterpaaie. Vir WegRy se lesers begin die pret waar die teerpad ophou en die grondpad begin. Die span ondersoek alle aspekte van swerf deur Afrika – die voertuie (nuut én tweedehands), die toebehore. toerusting, 4x4-roetes en heerlike kosresepte vir die langpad. Kom ry saam.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Back issue only
R 39

in this issue

4 min
op ’n blink toekoms – tjorts!

“Vanaf volgende maand gaan WegRy en WegSleep een gekombineerde tydskrif wees getiteld Weg Ry & Sleep.” In Blade Runner, Ridley Scott se ikoniese wetenskapfiksiefliek van 1982, is daar ’n toneel waar ’n androïede, net voordat hy sterf, die volgende sê: “I’ve seen things you people wouldn’t believe. Attack ships on fire off the shoulder of Orion. I watched C-beams glitter in the dark near the Tannhäuser Gate. All those moments will be lost in time, like tears in rain.” Die goeie nuus is dat ek nie binnekort gaan sterf nie. Selfs al is my vrou nou en dan erg die hoenders in vir my. Die slegte nuus is dat ek WegRy ná sewe baie lekker jare gaan verlaat. Ek gebruik die dialoog uit Blade Runner omdat dit ’n bietjie van my emosies beskryf.…

2 min
medewerkers

DICKY SWANICH MY RYDING, BL. 30 Dicky Swanich van Mosselbaai se hande skrik vir niks. Hy wys sy Hilux, wat hy byna heeltemal self gemodifiseer het, in vandeesmaand se My Ryding. Toer jy blindelings, of beplan jy jou reis? Ek beplan gewoonlik die eerste deel van die toer met behulp van gidse, maar verkies om vir die tweede deel geen roetes te beplan nie. As dit lekker is op ’n plek, bly ek langer en andersom. Wat’s die lekkerste plek in die bos waar jy al was? Botswana! Wat is die beste reiswenk wat jy al ooit gekry het? Pak altyd vir die ergste – vat ekstra water, toerusting, ens. En vat genoeg ys! Watter plek in Suid(er)-Afrika wil jy graag besoek? Mosambiek. Watter musiek prop jy in as jy reis? Ek is groot op enige musiek, veral Afrikaanse en boeremusiek. Voor ek…

2 min
kgalagadi bly maar tops

In April 2017 het ons die voorreg gehad om saam met ses vriende (Thys en Marlize Odendal, Herman en Linda Steyn en Alwyn en Stephanie Laubsher) in die Kgalagadi te gaan toer. Ons verblyf in die oop kampe by Rooiputs en Polentswa was sekerlik die lekkerste. Ons het weliswaar nagtelike besoeke van leeus gehad, maar gelukkig het hulle hulself “gedra” en nie by ons tente kom lol nie. Ons het maar net soggens hulle voetspore gewaar – die leeus beweeg sag en die Kgalagadi se vars lug laat ’n mens vas slaap! Een van die hoogtepunte van ons vakansie was die oggend by die Kij-Kij-watergat toe ons vanaf Rooiputs na Polentswa vertrek het. Herman Steyn het ’n trop van sewe leeus oor die pad sien beweeg om water te gaan drink.…

4 min
julle sê

SKRYF VIR ONS EN WEN! Herman en Nina Treurnich wen ’n sitplek-organiseerder ter waarde van R400! Moeg vir die los goed wat in die motor rondlê? Dié sitplek-organiseerder het afsonderlike sakkies waarin jy alles en nog wat byderhand kan hou. Dis van 100% katoenseil en pas agter alle sitplekke. As jy jaloers is op Herman-hulle, kan jy dit by winkel.weg.co.za koop. WegRy behou hom die reg voor om briewe te redigeer vir bondigheid en duidelikheid. Briewe wat aan WegRy gestuur word, kan ook moontlik in ons susterpublika sies, Weg, Go!, WegSleep en Platteland, asook op ons webwerwe gebruik word. As jy ’n vryskut artikel vir oorweging instuur, merk dit asb. duidelik só. Ongelukkig kan ons geen verantwoordelikheid aanvaar vir materiaal wat ingestuur word of dit terugstuur nie. Die Kruger is ’n unieke juweel Ons het…

4 min
jy kruip eers voordat jy loop…

Om redelik 4x4 te ry is amper soos fietsry – jy verleer dit nie sommer nie. Ja, as jy ’n jaar laas groot duine in die Namib gery het, sal jy die eerste dag of wat eers jou voete moet vind, maar die basicsbly die basics. Banddruk, momentum, moenie rem trap nie, moenie te vroeg die versneller los voordat jy by ’n duin se kruin uitgekom het nie, daai soort goed. Maar hier waar ek sit en my laaste rubriek vir WegRyskryf, besef ek ’n paar dinge: Ek is dalk nie die beste 4x4-ryer nie, maar ek weet dalk meer as sommige ouens – en dit was nie altyd so nie. Amper 20 jaar gelede – dit was nog in die dae toe jy op die strande kon ry – besluit ek…

3 min
kan kronkelvere hulle man staan?

"Ek glo van die gewilder bakkies sal mettertyd ook kronkelvere as opsie bied.” Verlede maand (WegRy #94) het ek verwys na die nuwe Nissan D23 Navarabakkie wat kronkelvere agter het, in plaas van die gewone bladvere. Dis ’n eerste vir ’n plaaslike, hoofstroom 1 ton-dubbelkajuitbakkie. Ek hoor dikwels mense is bekommerd dat die bakkie nie so baie vrag sal kan dra as een wat met bladvere toegerus is nie. Maar is dit waar? Die nuwe D23 Navara is byna identies aan die een wat in Australië verkoop word. Met egter een klein verskil – ons D23’s staan omtrent 20 mm hoër as die Aussie-bakkie. Ek kon nog nie by Nissan SA hoor of dit ter wille van sy vragdravermoë of grondvryhoogte is nie. Kom ons maak somme As jy blad- en kronkelvere vergelyk, veral…