ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
WegSleep Oordgids

WegSleep Oordgids

2021

Met WegSleep kan jy 2016 op ’n hoë noot afskop. Op 9 Januarie is ons nuwe oordgids op die rak. Ons het die WegSleep-oordgids 2016 saamgestel om jou te help om jou volgende kampe te beplan. Dit is ’n gids met inligting oor 197 kampplekke en oorde in al die provinsies en in die Wildtuin. Die gids gee vir jou inligting oor die kampplek se staanplekke en geriewe, hoe om daar te kom en die prys en kontakbesonderhede. Met dié gids kan jy jou kampnaweke en vakansie(s) vir die nuwe jaar en sommer vir 2017 begin beplan. Geniet dit en lekker kamp.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
One-off
R 100

in this issue

4 min
profcon-oord

Op die hoek van Somerset- en Cradockstraat in Graaff-Reinet sal jy die Profcon-oord aantref. Die eienaar, Leanne Bezuidenhout, groet jou vriendelik in die ontvangsgebou. Langs die toonbank murmel ’n yskas saggies terwyl jy die register invul. Hierin is koeldranke, gebottelde water, bier en wyn. As jy nog nie braaihout gekoop het nie, kan jy ook dié aanskaf teen R25 per sak. Leanne gee vir jou ’n elektroniese skyfie en beduie jy moet om die hoek ry tot in Cradockstraat. Hier druk jy die skyfie teen ’n sensor, wag dat die hek outomaties oopgly en ry deur tot in die kampplek. Hier is grasperke, klimrame en kinderspeelplekke wat alles mooi weggesteek is van die dorp se strate. Profcon het 8 staanplekke op gras, elk met ’n vullisdrom, kraan, elektrisiteit, ’n baksteenbraaiplek met ’n…

3 min
bass lake

Dit is nie alte dikwels dat ’n mens die woorde “kamp” en “weelde” in een asem hoor nie, maar tog is daar al hoe meer oorde wat hulle toespits op die gemak van kampeerders, veral in die noorde van Pretoria. Die 34 netjies afgebakende staanplekke is weerskante van twee “hoofstrate” uitgelê en elkeen het ’n netjiese randsteen rondom met ’n bedding langsaan. Die groen tapyt van buffelsgras op die staanplekke is trouens plat genoeg om enige rolbalgeesdriftige se hart vinniger te laat klop. Net soos die heining is van die bome tussen die staanplekke nog aan die jong kant, maar die staanplekke in die westelike ry het ’n paar groot koeltebome neffens hulle wat sorg vir heerlike skaduwee in die middag. Terloops, staanplek nr. 28, 29 en 30 is die beste vir…

2 min
bush ’n buck- private wildplaas

Bush ’n Buck is ’n pynlik netjiese kampplek net buite Brits. Die staanplekke van hierdie lieflike stukkie bosveld is op ’n groen grastapyt weerskante van twee reguit paaie uitgelê. Elke staanplek het ’n eie kraan – van hulle is gemerk vir drinkwater en ander vir tuinwater. Die staanplekke is duidelik genommer langs ’n lig op ’n hoë paal, en word met kniehoog stompe afgebaken. Elkeen het ’n los staalbraai en vullisdrom, en die gras is mooi netjies gesny. Die bome is nie te groot nie, maar staanplek nr. 11 het ’n ordentlike koelteboom. Hier is vier badkamers reg oor die kampplek versprei – dit maak nie saak waar jy kamp nie, jy is altyd stapafstand van ’n badkamer. (Hier is nie simbole vir mans en vroue nie; al vier badkamergeboue bestaan uit ’n…

2 min
marcuskraal

Ons is lid van die Wes-Kaapse Veldrykampeerklub (oftewel die Western Cape Off-road Camping Club) en kamp gereeld saam in ’n groep. Ek en my vrou, La Tanya, het onlangs ons Conqueror Companion aan ons Toyota Prado gehaak en by die Marcuskraal- 4x4-kampterrein gaan uitspan. Ons seuns, Jason en Kyle, dogter, Stephanie, en haar kêrel, Jonty, het later by ons aangesluit. Ons vriende Roland en Marlow Straub en hulle drie seuns, Jared, Jordy en Joshy, asook Chris en Claudia Sobolewski en hulle dogter, Mila, het ook saam kom kamp. Marcuskraal is sowat 20 km anderkant die Citrusdal-afdraai op die N7, skaars twee uur se ry uit die Kaap. VERTEL ONS MEER OOR DIE KAMPTERREIN. Dit lyk soos ’n oase met ’n skoon en sprankelende swembad en pragtige groen grasperke en palmbome – presies die plek waar…

3 min
balie se gat

As jy nodig het om van die stad se dolle gejaag te ontsnap en in die natuur te wees, is Balie se Gat naby Citrusdal ’n gawe bestemming. Hier is nie elektrisiteit óf selfoonontvangs nie; jy het dus net die son (onthou die sonbrandroom, verkieslik faktor 40), die maan en die sterre snags, en stilte en vreedsaamheid. Ek het al ’n klompie kere vantevore hier gekamp en is ook deel van ’n groep stappers en buitelewe- entoesiaste. HOE LYK DIE PAD TOT HIER? Die grondpad tot by Balie se Gat is nogal moeilik en bestaan uit klein draaie wat jou afdraande neem tot op die valleivloer. Jy het ’n voertuig met ’n goeie grondvryhoogte nodig, maar viertrek is nie noodsaaklik nie. Op sommige plekke is die pad breed genoeg dat jy kan…

3 min
yzerfontein

Ek en my vrou, Cara, het albei ons eie mooi herinneringe van Yzerfontein se munisipale kampterrein. Ons ruil soms stories uit van daai eerste soen en kattekwaad in die skoolvakansie. Dit is seker 15 jaar sedert ek óf sy laas daar was, en daarom het ons besluit om weer daar te gaan kamp en te sien hoe die kampterrein verander het sedert ons jongdae – sommer net vir nostalgie. HOE LYK YZERFONTEIN SE KAMPTERREIN? Die kampterrein is baie soos ons dit onthou, selfs deur die rooskleurige bril van ons herinneringe. Ons het ’n staanplek naby aan die see gekry met genoeg bome vir koelte. Dit was maklik om kamp op te slaan, want jy sukkel nie om jou tentpenne in die sand-en-skulpiesgrond in te slaan wat die grootste deel van die kampterrein bedek nie. Die…