IN ’N byna stampvol Loftus sit ’n skare mense in pure afwagting.
Hier’s ’n geheim wat vandag onthul gaan word, is hulle vroeër beloof.
Want in die hartjie van die stadion, op die veld en ten aanskoue van almal, staan Jakkals Vibes. Hy’s ’n AI-kunstenaar wat sy musiek self skryf, maar die lirieke sing met ’n stem wat deur kunsmatige intelligensie ontwerp is.
Vandag, hier op die veld, dra Jakkals weer sy masker en ’n groot rooi bril, nes altyd. En dan staan die omroeper Martin Bester nader en die skare begin aftel: 3, 2, 1 . . . En toe kom die masker af.
Het jou, katvis! skree mense.
Hier’s vandag ’n man ontmasker.
Of is hy?
Helaas nie, want die man agter die masker was al die tyd…
