WIE WOON HIER? Vanessa en André Brink, hulle dogter Emma (23), seun Murray (20) en honde, Bentley en Charlie
WAAR Parktown-Noord, Johannesburg
GROOTTE VAN TUIN 1 600 m²
OUDERDOM VAN HUIDIGE TUIN 24 jaar
GRONDTIPE Sanderig met klei, en nou verryk met kompos
“In ons tuin is daar altyd iets wat jy kan geniet,” sê Vanessa. “In die winter vorm die magnolia pragtige blomme vir ons dogter, Emma, se verjaardag. In die lente skiet papawers en vingerhoedjies vanself op. En in die somer sorg die rose, agapante en prag-van-Indië vir ’n skouspel soos min.”
Hoewel die klassieke lyne en gevestigde beddings die indruk wek dat die tuin nog altyd so gelyk het, is dit in der waarheid die resultaat van haar visie en báie harde werk. “Ek is heeltyd besig…