By die onlangse Woonwaskou was ek opnuut verstom oor die gehalte, passie en innovering van die Suid-Afrikaanse kamp- en buitelewemark. Die skou het behoorlik uit sy nate gebars en dit was bemoedigend om die groei te sien wat betref uitstallers, vloerruimte én besoekers. Ons plaaslike vervaardigers staan regtig vir niemand ter wêreld terug nie, en as ’n mens luister hoe besig hulle is, is die mark aan die groei met ’n magdom nuwe kampeerders wat met ope arms verwelkom word.
Leon moes omtrent bontstaan om oor die drie dae van die skou by alles en almal uit te kom, en sy volledige verslag oor die waens wat die oog getref het, begin op bl. 14.
Terwyl ek tussen die uitstallings rondgestap en hulle blinknuwe produkte bewonder het, het my gedagtes…
