Die 2025-verslag “Suid-Afrika se Jeug in die Arbeidsmark: ‘n Dekade in Oorsig”, deur Statistiek Suid-Afrika, dui hierop:
■ Meer as die helfte potensiële werkers in die land is 15-35-jariges (20,9 miljoen).
■ In 2015 was 36,9% van jonges werkloos, en in 2025 was dit 46,1%.
■ Dis erger op die platteland.
■ Meer meisies of vroue is nie in werk, skool of opleiding nie. Onder 15-24-jariges was dit 37,5% (36,7% vir mans), en onder 15-34-jariges, 48,1% van vroue (en 42,2% mans).
■ Ongeveer 1,9 miljoen 15-34-jariges was “moedeloos” – hulle soek nie meer werk nie.
■ Van die 4,8 miljoen werklose jonges het 58,7% nog nooit gewerk nie.
■ Jeugwerkloses sonder matriek: 51.6%.
■ Met matriek: 47,6%.
■ Met tegniese opleiding: 37,3%.
■ Met ‘n universiteitsgraad: 23,9% (beduidend minder werkloses).…